Ek het gister sulke goeie nuus gekry van n vrou wat ek ontmoet het by my niggie se kind se doop. Na 5 inseminasies en na die 3de invitro behandeling is sy nou swanger met n drieling, al 4 maande swanger. Prys die Here daarvoor. Ons moet almal vir haar bid dat alles reg verloop. Dit het vir my soveel hoop gegee dat hierdie prosedures tog kan werk. Ons almal kan hoop hieruit kry. Ons moet net aanhou probeer en nie hoop opgee nie. Ons moet aan ons Skepper vashou en glo dat by God is alle dinge moontlik. Ek het weer baie moed gekry en is nou gereed vir my 3de ICSI behandeling. Ons moet net nooit ophou hoop nie – dit is die geheim – geloof en vertroue!
Alles van die beste vir almal! Groete en lekker week vir almal.
Die Here het so ‘n groot wonderwerk in my lewe gedoen Sondag, 17 Junie 2007. Wil dit graag deel. Die afgelope paar maande is my geloof maar min en wonder ek wat my te doen staan en ek bid so dat die Here self vir my Skrif sal gee en Hy doen wel maar dis asof dit half vaag is, nie in my hart lêplek kry nie. Jy ken mos maar die gevoel van; as ek net weet my eie kinders is nie my beskore nie, maak ek vrede daarmee en gaan aan met my lewe en oorweeg aanneming… maar ek is nie seker nie. So in die diens preek ons pastoor oor dat ons God se Woord hardop moet lees sodat ons ore kan HOOR en dit slaan my soos ‘n hammer tusen die oë. Hy lees uit Luk 1 en vers 36-37 en 45 spring uit maar dis anders as die ander kere wat ek verse wat ek gekry het. Ek weet ek moet dit met die gemeente deel en ek huil so van dankbaarheid dat ek omtrent nie kan praat nie. Ek doen dit en ek voel hoe die Gees self my bedien. Dit was so so spesiaal. Louis, die pastoor se toe hy het ‘n visioen vir ons maar sal dit later met ons alleen deel. Toe gee die Here deur ‘n vriend (Neels) vir ons die verse in Dan 9:23 en 10:12 en ook van dat die Here 'n visioen aan een persoon sal gee (vers 7). Is dit nie wonderlik nie!?!! Louis was toe die aand by ons en gese hy het 2 sade gesien. Dit kan op vrugbaarheid dui of letterlik 2 sade. Ek glo met my hele hart hierdie is vir ons maar ek is ook okey as dit nie nou dadelik is nie hoewel ek weet dis binnekort. Neels het vir Stefan gebel later en gese ons moet die babakamer voorberei in geloof. Vriendin, die Here is so getrou, ek eer Hom al die pad! Ek het belowe om elke dag my verse in Luk hardop te se tot ons kinders gebore word.
Die Here is getrou! Toe ek my Aug uitgawe van Joyce Meyer se tydskrif ontvang is die tema: Vrees. Hoe om vrees te oorkom ens… Min het ek geweet…
Ek het in 2005 ‘n Laparoskopie gehad en my nuwe Dr het gevoel ons moet dalk weer een doen net om seker te maak. Ek het gehoop ek is swanger voor ek regtig die belsluit moes maak maar helaas ek moes Maandag, 6 Aug gaan vir hierdie operasie. Nodeloos om te se dat hierdie klein operasie soos ‘n hartoorplanting vir my gevoel het want weet julle hoe bang ek vir naalde en goed is!!! Joyce se tydskrif slaan toe nou die spyker op die kop en ek is so dankbaar dat die Here ook hier my vrese tegemoet gekom het. Sy vertel sy was nie altyd so ‘bold’ soos nou nie, maar ‘I’ve had to believe God and overcome fear in my life many times. I began to walk in the faith and confidence He had for me when I learned the power of three little words: DO IT AFRAID!” Feeling fear when we have to confront certain circumstances in our lives is perfectly normal (dankie tog!) – it is not wrong to feel afraid. Its what we do in spite of our fear that makes the difference. When we know that He is with us, we will not bow to fear – no matter what our circumstances are. Daar is soveel Skrif wat se dat die Here by ons is, dat Hy ons hand vat ens ens… Ek het die heeltyd vir myself gese al is ek bang, is dit okey, dit sal my nie onder kry nie en met die Here se genade en baie mense wat gebid het was dit so ‘n rustige ervaring. Ek het ook besluit ek sal nie hardop se ek is bang nie, ek het net gese die Here is by my. My dierbare vriendin en Dr, Hester, was ook wonderlik en ek eer die Here dat Hy mense soos sy op my pad gestuur het. Op die ou end gaan dit nie oor ons nie maar oor Sy heerlikheid en dat Hy verheerlik moet word en ek kan regtig se dat Hy die vrees in my gestil het en ek eer Hom daarvoor. Hulle het erge endometriose gekry wat nie met die vorige Laparoskopie opgetel is nie. Ek glo dat hierdie operasie nodig was en nou kan ek hoopvol vorentoe kyk.
Mag elkeen van julle ook hierdie ongelooflike vrede wat net van die Here kom, ervaar en WEET dat Hy by jou is en al is jy bang (vir wat ookal), DO IT AFRAID!
Hester het die volgende met my gedeel en ek wil dit met jou ook deel: ʼn Teks wat vir my afgelope tyd tot my gespreek en ander eienskap van Jesus wat aan my geopenbaar is, is Hebreërs 5 :7 en 8. Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smeking geoffer met harde geroep en met trane. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God. Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid was.
Mens vergeet soms dat al was Hy God, Hy ook 100% mens was en dat Hy as mens so Sy krag gekry het en gebid het voor sy kruisiging tydens sy aardse bestaan. Dit het my gemotiveer om dit ook te doen, eintlik is dit ʼn opdrag aan ons. Om soos Jesus te wees, is om al hoe meer vir Hom te leef en Hom ere plek in ons lewe te gee. 1 Kor 13 gee antwoord oor die grootste gebod, d.w.s. wat God se wil vir ons is. Liefde vir God drie-enig en vir ons naaste.
4 September 2007 - Dis met soveel gemengde emosies wat ek hierdie skryf. Ek was ‘n paar dae laat, (nie dat dit die eerste keer is nie) en besluit om tot Sondag te wag voor ek ‘n tuistoets doen. Dit was pos (hoewel ‘n ligte strepie, maar pos.). Dit was ‘n onbeskryflike ervaring. Ek kan nie sê ek het op en af gespring of die dak af gegil of iets nie. Dit was ‘n onbegryplike kalmte en half verdwaasdheid. Ons het Maandag oggend bloed laat trek en kon eers tussen 2 en 3 bel vir uitslag. Nodeloos om te se, dit was die langste dag in my lewe. In my hart het ek geglo ek is swanger maar wou net so graag 100% sekerheid he. Die uitslag was pos. Ek eer die Here en gee aan Hom al die eer. Dis moeilik om op te hou huil en die trane vloei maar nog aanhoudend. En dis so ‘n seen almal wat saam ons bly is. Dis nog baie baie vroeg, seker so 5 wekies (was nog nie eers by dr) maar bid asb saam my vir ‘n gesonde swangerskap en dat als goed sal verloop. Ek bid dat elkeen van julle wat nog wag, se geloof hierdeur versterk sal word, dat jy NOOIT moed sal opgee nie, en dat jy aan Hom sal vashou wat oor lewe en dood beskik…
13 September 2007 - Ek sou hierdie week (Di – Do) op ‘n werkskonferensie gaan en het sommer ‘n afspraak by my gynie (in Pta) gemaak vir ons eerste ondersoek, Maandag. Sy het bloedtoetse laat doen wat een of ander telling gee wat die groei van die baba aandui. Ons is Saterdag vroeg uit Hoedspruit weg Pta toe. 11:00 (Sat) is die bloed getrek en ons het Skoonmale verras want Stefan, my man het besluit om saam te gaan Pta toe. 14:00 bel my dr my en se sy is baie bekommerd oor die telling. My hart gaan staan... Jou hele klein wereldjie tuimel inmekaar. As jou dr bekommerd is en jou daaroor bel weet jy dit beteken groot fout. Jy begin bid. Jy spreek Woord. Jy pleit. Jy huil. Jy smeek. Jy hoop. Jy glo... Jy laat weet jou naaste mense om saam te bid en pleit. Dis ‘n geestelike stryd. Maandag oggend begin ek bloei en my kop sê vir my dis verby maar my hart hou nog vas. Ons sien die dokter 15:00 (wat ‘n lang dag!) en sy se dit was ‘n vroeë miskraam… Dit klink seker vreemd maar dit was amper ‘n verligting. Dit was seker een van die spannendste tye in my lewe en om te besef ek kan niks meer doen nie was amper soos ‘n verligting. Ek het geleer mens verstaan so min van die lewe en om vrae te vra help nie. Jy moet jou kop oplig en voortgaan en stadig maar seker keer die lewe weer terug in jou are, hou die trane geleidelik op en kan jy weer opstaan. Die stof afskud en van vooraf hoop. Ek het die wonderlikste man. Hoewel hy ook platgeslaan en seer was het hy my so wonderlik ondersteun. Ek wou met niemand praat nie, niemand sien nie, en hy het die familie laat weet en die oproepe hanteer. Ons het Di terug gekom en ek het nie ‘n voet by die deur uitgesit nie, my foon afgesit ens ens. En dit was goed. Nou kan ek weer die wêreld in die oë kyk. Ek sal dit nou kan hanteer as iemand my vra “nou hoe gaan dit met die swanger vroutjie?” of “ag, ek is so so jammer” ens ens. Ek het die smsse en oproepe geweldig waardeer! Dit het my gedra. Al verstaan ek nie, weet ek dat die Here weet wat Hy doen en dat Hy vir ons goeie goed beplan. Ek voel soos Dawid. Sy en Batseba se 1ste seuntjie is ook dood agv Dawid se sonde. Lees hoe hy gereageer het in 2 Sam. Ek voel al heelwat beter en dank die Here vir Stefan en dat ek nie in ’n geloofskrisis beland het nie. As jy nog nie ‘Facing the Giants’ gekyk het nie, doen dit dadelik. Dis wonderlik! Ek sal die Here liefhe maak nie saak wat nie!!
6 November 2007 - Ek het in laasweek iets raakgelees wat ek graag met julle wil deel. Ons stap ‘n moeilike pad wat min mense verstaan en dit maak seer as mense jou vra “Nou wanneer begin julle met ‘n gesin?” “Wil julle dan nie kinders/nog ‘n kind he nie?” “So hoe gaan dit met die swangerskap?” (en jy het nou net ‘n miskraam gehad) of “Nou gaan jul weer probeer?” (as sy hoor jy het jou baba verloor), “Ontspan net, moenie daaraan dink nie”.
Ek verstaan die baie vrae en min antwoorde. En al seën die Here jou met kinders later, die vrae oor hoekom mens die pad moes stap, bly soms ‘n teer sakie. Hebr 12: 2b, 3a “Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. Hou Hom voor oë....” As ons ons oë op Hom gerig hou wat selfs meer leiding as ons moes verduur het, kan ons sterker aan die anderkant uitkom. En al verstaan ons nie, WEET ons dat ons WEET, Hy beplan goeie goed vir ons, Hy het ons lief, Hy weet wat Hy doen en ons moet ons oë op Hom alleen gerig hou. Die vreugde wat ons sal smaak, al is dit eers in die Hemel eendag, sal groter wees as wat ons menslike verstand nou kan begryp. Ek weet mens voel met tye ‘EK IS NOU STERK GENOEG HERE, ek kan nie meer nie’, hou goeie moed. Hy verstaan jou trane en opstand en onthou jy stap nie alleen nie...
18 November - Ai ek dink ou Joyce Meyer gaan ‘n baie spesiale plek in die Hemel he, want as ek dink hoeveel sy my al geleer het.... Ek lees in haar November tydskrif die volgende: The secret to freedom The one thing that will set us free from absolutely everything is simple, childlike trust. Trusting God means that we stop trying to get answers to things that are never going to be answered. We can spend so much time trying to figure out why things have happened that it can keep us from properly ministering to those who need our help. It seems like all the devil has to do is cause something unfair to happen in our lives to cause us to spend the rest of our life trying to figure out why, God, why? The deeper problem is sometimes we get ticked off. Its something that gets hold of us way down, deep inside and starts to create bitterness. You and I begin to get mad at God and at people who don’t have it as rough as we do or whose lives seem to have turned out better than ours. (ken ons dit nie almal nie?) It keeps us from going all the way with God. And then we end up missing out on having the joy that God really wants us to have in our lives. (mens mis eintlik so baie dan) There are times when the devil comes against us just because we are making progress in the Word or because we’re at a place in our lives where God is trying to bring us up to the next level. The devil doesn’t want us to make progress. There are two times when the devil comes against you, when you’re doing something right and when you’re doing something wrong. So I’ve learned not to try to figure out which one it is and just trust God, because you know what? I’m not going to spend my time struggling, frustrated and confused. Have you ever asked God, “If You’re really God, when why is this happening to me? If You really love me like everyone tells meYou do, then why haven’t You delivered me from this situation when I know full well that you could? I’ve even seen you do it with other people, and yet you’re just letting me sit in this mess.” (sjoe!!, die spyker op sy kop) I believe that there’s no such thing as trust unless you have some unanswered questions in your life. If you know everything in your life, then there’s no reason to trust God. Don’t waste your time trying to figure things out that only God knows, because He’s not telling. Trusting God will change your life. It will set you free from the things you don’t understand. If you want to go full force ahead with God, then you need to stop continually asking questions that only He can answer. Trusting God is the answer to every problem you and I have in our lives. If we trust God, we can be set free to enjoy His peace and joy. Mag die Here ons vrymaak van al die baie vrae en ons leer om net op Hom te vertrou!
Ek bid dat ons elkeen sal leer om vry te wees in Hom. Dis ‘n laaaang en moeilike pad om op hierdie punt te kom, maar ek vertrou dat die Here met ons elkeen die pad stap wat Hy weet die beste vir ons is. Moenie moedeloos word as jy nog nie so vertrou nie, die Here is geduldig en lief vir ons en help ons as ons val (al gebeur dit maar baie!).
“Gelukkig is sy wat glo dat in vervulling sal gaan wat die Here vir haar gesê het!” Luk 1:45.
Jy ken daai gevoel van ‘seker wees’ dat hierdie maand díe maand gaan wees. En dan die teleurstelling. Jy wil stukkend breek en kan net eenvoudig nie verstaan nie…
So gaan ons kerk toe nadat ek besef dis ‘sulke’tyd, en in die diens sing ons hierdie lied (ek dink die meeste van julle ken dit)
Lord you are more precious than silver Lord you are more costly than gold Lord you are more beautiful than diamonds And nothing I desire compares with You…
En ek besef ek moet dit bedoel
Lord you are more precious than children Lord you are more costly than children Lord you are more beautiful than children And NOTHING I desire compares with You…
Dit was so vrek moeilik maar ek kon die oorwinning smaak en tussen die trane deur kan ek weer by my Here se voete gaan sit. Dit maak nie die teleurstelling makliker, die vrae of die seer minder nie, maar ek weet dat die Here getrou is. Die Here moet ons nommer 1 bly en ek SAL Hom liefhê, maak nie saak wat nie. Ek bly eerder sonder ‘n kindjie as sonder HOM (dit klink dalk vir jou of dit vir my maklik is om dit te sê, maar ekt ‘n pad gestap om hier te kom). Ek lees die verhaal van Abraham en Sara weer. Abraham het vir God gekies toe hy moes kies tussen God en Isak, sy enigste. Ons lees dit so maklik maar besef ons waste groot offer dit vir hulle was? Here, wees ons genadig en gee ons die geloof om op U alleen te vertrou…
Mag hierdie jaar vir ons ‘n jaar van geloof wees! Dit gaan ‘n GREAT jaar wees want die Here het ons lief!
Moenie moed opgee nie! Die Here God van die heelal ken jou naam en Sy oë wat ook ons sondes raaksien, kyk na jou met liefde. Hy ken jou hart en hoor jou gebed!!
30 Oktober 2008. Kan nie glo ek het so lanklaas iets geskryf nie... Dit gaan nie altyd so goed nie en dit voel soms of die sand in my uurglas uitloop. Soms is ek in 'n gat en ek weet nie hoe om daaruit te kom nie. Daar was 'n klomp skommelinge in my lewe die laaste ruk maar ek weet die Here is my enigste anker. Eks midde nuwe behandeling en soms kry dit my onder maar ek weet die Here is by my. Ek moet dit glo, anders sal ek dit nie maak nie. Ek was op 'n wonderlike kamp (net betyds) en het net weer besef wie ek in Jesus is, dat Hy goed is maak nie saak wat nie. 'n Vrou het 'n waar ding gese: "Kinderloosheid is nie die duiwel se manier om kinders van jou te steel nie maar jou geloof". Dis so waar, ek bid dat die Here my geloof sal beskerm, dat ek nooit sal ophou glo in Sy goedheid nie...
Mag dit ‘n jaar wees van verrassings, geduld, groei en hoop…
Verrassings. Mag jy elke dag ervaar hoe die Here jou liefhet en klein wonderwerkies op jou pad stuur om jou te herinner aan Sy goedheid. Dat ons oë sal oopwees vir die verrassings en wonderwerke wat om ons lê - dat ons dit sal waardeer. Mag ons onthou dat kinders nie die enigste seën uit Sy Hand is nie, maar mag dit die jaar van beantwoorde gebede wees.
Geduld. Here leer ons om geduldig te wees. Dit voel soms of die lewe by ons verbygaan en ons sit so vas in hierdie milieu van kinderloosheid dat ons soms vergeet om te leef. Leer ons om U te vertrou en intussen met ons lewens aan te gaan. Dis so moeilik en ons kan dit nie self doen nie. Help ons om geduld te hê met hulle wat nie sensitief is nie en simpel vrae vra of stellings maak, hulle wat nie verstaan nie. Help ons om geduld te hê met ons huweliksmaats en onsself. Met ons dokters en die prosesse wat ons moet volg. En Here, vergewe ons as ons so ongeduldig met U raak…
Groei. Mag 2009 ook ‘n jaar van groei wees. In verhoudings met ons mense, met die Here en met onsself. Mag ons ook groei in wysheid sodat ons sal weet wat U wil is, U stem sal leer ken. Om die regte besluite te neem en geestelik volwasse sal word.
Hoop. Ek lees in ‘n tydskrif die volgende: “Hoop is om te bly glo al sou dit makliker wees om te twyfel… -onbekend” Ek dink baie van ons sou dit ook kon sê. Here help ons om nooit moed te verloor nie. Help ons om balans te kry en ‘n bietjie te verstaan wat die verskil tussen moed opgee en oorgee aan u beteken. Here, U alleen is ons hoop, ek sal U liefhe maak nie saak wat gebeur nie!
Mag 2009 ‘n FANTASTIESE jaar wees vir elkeen van ons!!
In Vrouekeur, 8 Mei 2009: Nelia se storie oor kinderloosheid
Genade vir my kinderlose hart
Al wat sy wil hê is ‘n kind van haar eie. Iemand wat sy kan koester en liefhê soos net ‘n ouer kan koester en liefhê. Maar op 34 jaar het Nelia van der Westhuyzen reeds ‘n lang ent op die pad van infertiliteit gestap met onder andere twee kunsmatige insiminasies en ‘n invitro-bevrugting. En steeds bly ‘n baba haar ontwyk.
Deur Terésa Coetzee
Die dag voor gister was my hele wese nog gevul met hoop ... Die hoop om eendag ook my eie klein babatjie in die holte van my arm te vertroetel en te koester. Daardie hunkering was so na aan vervulling – ‘n week tevore het ek ‘n invitro bevrugting gehad en ons was só seker dat dit hierdie keer suksesvol sou wees. Ons en ons hele ondersteuningstelsel het dan so hard hiervoor gebid. Gesmeek. Gesoebat. En geglo. Maar die negatiewe uitslag van die swangerskapstoets gister het my hart vir die soveelste keer hierdie afgelope sewe jaar in skerwe gebreek. My droom om ‘n baba van my eie te hê, is vir die soveelste keer verpletter. En tog weet ek dat al voel my wind nou uitgeslaan, ek weer krag sal kry om op te staan. Net soos die vorige kere, sal my wonde dié keer ook genees. En oor ‘n maand of wat sal ek weer hoopvol probeer vir die kind waarna my hart so hunker. Nes ek al die maande tevore ook hoopvol probeer het. Die slegste is dat dit nie net my en my man raak nie maar almal wat vir ons lief en dierbaar is en die pad saam ons stap...
My en Stefan se storie begin in 2000 toe ons getroud is. Ons wou nie dadelik wegspring met ‘n gesin nie, maar teen 2002 het die idee om ons gesin uit te brei, al hoe aanlokliker en natuurliker vir ons begin klink. Ek was nooit op die Pil nie, my siklus was gereeld en ek het heimlik gedink ek sal maklik swanger raak. Maar ná twee jaar waarin daar geen teken van ‘n swangerskap was nie, het ons met behandeling begin. Ek het in 2004 my eerste kunsmatige insiminasie gehad. En in 2005 die volgende een. Albei onsuksesvol. Intussen het ek twee laparoskopies gehad en my ginekoloog het bevind dat ek endometriose het, nie te erg nie maar tog. Dit is verwyder en ek is huis toe met die idee dat ‘n swangerskap werklik net ‘n kwessie van tyd is ... Ons vriende het een na die ander hul gesinne begin uitbrei. En elke keer het ek en Stefan saam gejubel met die geboorte van ‘n nuwe mensie in ons kring. Tog kon ek nie help om al meer te wonder wanneer dit dan nou óns beurt gaan wees nie? Dit het soos ‘n roetine begin word. Elke maand het ek afwagtend in my hart gehoop dat ek swanger is. Soms het my hele wese gebokspring by die blote gedagte dat ek dalk dié keer swanger kan wees – net om gekniehalter te word deur my maandstonde wat skielik ‘n dag of wat later aanbreek. Daar was ‘n stadium wat ek werklik diep selfondersoek begin doen het. Hoekom wil ek dan so graag ‘n kind hê? Is dit bloot my eie selfsugtige drang om voort te plant wat my wese so oorheers? Of is dit omdat ek werklik genoeg liefde in my hart het om sin en waarde aan ‘n klein mensie se bestaan toe te voeg? Ek wil steeds glo die antwoord lê daarin dat ek weet ek is in staat daartoe om ‘n klein kindjie toe te vou met liefde. Ek wil my eie kind koester, ek wil ‘n ma wees – iemand wat versorg en troetel en leer en liefhet. Dit voel vir my ek mis iets deur nie die liefde te ervaar wat ‘n ma vir ‘n kind ervaar nie. Daardie ondeurgrondelike liefde wat soveel groter is as net ons natuurlike drang om voort te plant. Ek wil so graag vir my man dit gee waarna sy hart ook hunker...
Ná my laparoskopie het ek wel swanger geraak in 2007. O, die opwinding wat regdeur ons vriende- en familiekring soos klokke geklingel het! Die oomblik toe my tuistoets wys ek is swanger, was dit ‘n onbeskryflike ervaring. Ek wou bly wees, maar terselfdertyd was ek bang om te vinnig opgewonde te raak. Op 13 September 2007 sê my ginekoloog my bloedtelling is te laag. My hele wêreld het op slag inmekaar getuimel. Ek het gebid. Ek het die Woord gespreek. Ek het gepleit. Ek het gehuil. En later het ek moeg en alleen gesmeek. Ek en Stefan het saam gebid. En alleen gebid. Later het almal wat ons ken saam met ons gebid. Maar my dokter het bevestig dit was ‘n vroeë miskraam. Terwyl ek die een oomblik nog met hoop gevul was, moes ek die volgende oomblik net die leegheid in my eie lyf voel. Soveel keer het ek al agterna gewonder wat doen ek verkeerd dat God nie vir my ‘n kind wil gee nie. Maar elke keer besef ek opnuut dat Sy genade vir my so ontsaglik groot is. Hierdie hele kinderlose stryd het my net soveel nader aan die Here gebring. Ek het intussen geleer ‘n mens verstaan so min van die lewe en daar is nie altyd antwoorde op ons vrae nie.. Jy moet jou kop oplig en aangaan. Soms voel jy so bitter alleen, selfs Godverlaat, jy’s soms so desperaat, soms kwaad, soms net niks... Ons geloof is nie op gevoel gebaseer nie maar omdat ons emosies het, kan ons soms net ons pyn sien, en verloor ons God uit die oog.
Ek het bowenal die afgelope klompie jaar met soveel ander wonderlike mense in aanraking gekom wat dieselfde stryd as ons, dalk net op ‘n ander manier, baklei. Daar is skokkend baie mense daar buite wat om een of ander rede nie kan swanger raak nie. Vir wie ‘n baba eenvoudig net bly ontwyk. Ek het gelukkig die wonderlikste man. Hy was nog elke keer net so platgeslaan en seer, en tog het hy hom sterk gehou om my te ondersteun. Dis vir my moeilik om nie soms ‘n bietjie teleurgesteld in my eie vroulike liggaam te voel nie. Volgens my dokter is daar absoluut níks wat behoort te verhoed dat ek swanger raak nie. Op die oog af lyk alles heeltemal normaal. Dít maak dit amper nog meer frustrerend, want as alles dan so “normaal” is, moet ek tog swanger kan raak! En tog raak ek nie swanger nie. Hierdie invitro het ons baie geld ( tussen R15 000 en R20 000) uit die sak gejaag, maar as dit suksesvol was, was dit ‘n piepklein bedraggie in vergelyking met die vreugde wat ‘n baba ons sou bring. En ja, dis baie vroeg om te sê, maar ons sal waarskynlik wéér later probeer. Ek het nog lank nie alle hoop verloor nie. Ek weet ek moet my oë op Hom gerig hou, om sterker aan die anderkant uit te kom. Soms voel ek net ek is nou sterk genoeg Here... Ek verstaan steeds nie altyd waarom God hierdie pad vir my gekies het nie, maar ek weet Hy beplan goeie goed vir my. Hy het my lief, Hy weet wat hy doen.
Nelia het ‘n boek saamgestel, ‘Genade vir Kinderlose Harte’ waarin nege vroue openhartig skryf oor hul emosionele stryd met kinderloosheid. Daar is ook ‘n hoofstuk vanuit die mans se oogpunt en ‘n hoofstuk deur ‘n ginekoloog. Dit bring ‘n boodskap van hoop en genesing en gee begrip vir díe wat dalk nie self die pad stap nie maar ‘n geliefde het wat in dieselfde bootjie sit. Die boek kan bestel word by 082 416 0022 / jadidja@telkomsa.net.
Nelia, 'n jaar gelede is my beste vriendin se man oorlede aan Lymphoma kanker op net 38. Sy was devestated met 2 tiener dogters en 'n seuntjie van net 3. My ma het toe net vir haar gese om Psalm 112 te lees. Ek myself het dit ook baie behulpsaam gevind. Mens verstaan nie altyd hoekem sulke dinge gebeur nie maar ek bid vir jou van nou af, en jy altyd in my gedagtes. I-M
13 comments:
Hierdie boek is beskikbaar vir enigeen wat sukkel om swanger te raak. Kontak Nelia by stefannelia@absamail.co.za
Ek het gister sulke goeie nuus gekry van n vrou wat ek ontmoet het by my niggie se kind se doop. Na 5 inseminasies en na die 3de invitro behandeling is sy nou swanger met n drieling, al 4 maande swanger. Prys die Here daarvoor. Ons moet almal vir haar bid dat alles reg verloop. Dit het vir my soveel hoop gegee dat hierdie prosedures tog kan werk. Ons almal kan hoop hieruit kry. Ons moet net aanhou probeer en nie hoop opgee nie. Ons moet aan ons Skepper vashou en glo dat by God is alle dinge moontlik. Ek het weer baie moed gekry en is nou gereed vir my 3de ICSI behandeling. Ons moet net nooit ophou hoop nie – dit is die geheim – geloof en vertroue!
Alles van die beste vir almal!
Groete en lekker week vir almal.
Amore Geyer.
Die Here het so ‘n groot wonderwerk in my lewe gedoen Sondag, 17 Junie 2007. Wil dit graag deel. Die afgelope paar maande is my geloof maar min en wonder ek wat my te doen staan en ek bid so dat die Here self vir my Skrif sal gee en Hy doen wel maar dis asof dit half vaag is, nie in my hart lêplek kry nie. Jy ken mos maar die gevoel van; as ek net weet my eie kinders is nie my beskore nie, maak ek vrede daarmee en gaan aan met my lewe en oorweeg aanneming… maar ek is nie seker nie. So in die diens preek ons pastoor oor dat ons God se Woord hardop moet lees sodat ons ore kan HOOR en dit slaan my soos ‘n hammer tusen die oë. Hy lees uit Luk 1 en vers 36-37 en 45 spring uit maar dis anders as die ander kere wat ek verse wat ek gekry het. Ek weet ek moet dit met die gemeente deel en ek huil so van dankbaarheid dat ek omtrent nie kan praat nie. Ek doen dit en ek voel hoe die Gees self my bedien. Dit was so so spesiaal. Louis, die pastoor se toe hy het ‘n visioen vir ons maar sal dit later met ons alleen deel. Toe gee die Here deur ‘n vriend (Neels) vir ons die verse in Dan 9:23 en 10:12 en ook van dat die Here 'n visioen aan een persoon sal gee (vers 7). Is dit nie wonderlik nie!?!! Louis was toe die aand by ons en gese hy het 2 sade gesien. Dit kan op vrugbaarheid dui of letterlik 2 sade. Ek glo met my hele hart hierdie is vir ons maar ek is ook okey as dit nie nou dadelik is nie hoewel ek weet dis binnekort. Neels het vir Stefan gebel later en gese ons moet die babakamer voorberei in geloof. Vriendin, die Here is so getrou, ek eer Hom al die pad! Ek het belowe om elke dag my verse in Luk hardop te se tot ons kinders gebore word.
Magdie Here dit ook virjou doen!
Nelia
Ek glo die Here se Hand is in alles en dat Hy op Sy tyd vir die wat Hy belowe het sal gee.
Die Here is getrou! Toe ek my Aug uitgawe van Joyce Meyer se tydskrif ontvang is die tema: Vrees. Hoe om vrees te oorkom ens… Min het ek geweet…
Ek het in 2005 ‘n Laparoskopie gehad en my nuwe Dr het gevoel ons moet dalk weer een doen net om seker te maak. Ek het gehoop ek is swanger voor ek regtig die belsluit moes maak maar helaas ek moes Maandag, 6 Aug gaan vir hierdie operasie. Nodeloos om te se dat hierdie klein operasie soos ‘n hartoorplanting vir my gevoel het want weet julle hoe bang ek vir naalde en goed is!!! Joyce se tydskrif slaan toe nou die spyker op die kop en ek is so dankbaar dat die Here ook hier my vrese tegemoet gekom het. Sy vertel sy was nie altyd so ‘bold’ soos nou nie, maar ‘I’ve had to believe God and overcome fear in my life many times. I began to walk in the faith and confidence He had for me when I learned the power of three little words: DO IT AFRAID!” Feeling fear when we have to confront certain circumstances in our lives is perfectly normal (dankie tog!) – it is not wrong to feel afraid. Its what we do in spite of our fear that makes the difference. When we know that He is with us, we will not bow to fear – no matter what our circumstances are. Daar is soveel Skrif wat se dat die Here by ons is, dat Hy ons hand vat ens ens… Ek het die heeltyd vir myself gese al is ek bang, is dit okey, dit sal my nie onder kry nie en met die Here se genade en baie mense wat gebid het was dit so ‘n rustige ervaring. Ek het ook besluit ek sal nie hardop se ek is bang nie, ek het net gese die Here is by my. My dierbare vriendin en Dr, Hester, was ook wonderlik en ek eer die Here dat Hy mense soos sy op my pad gestuur het. Op die ou end gaan dit nie oor ons nie maar oor Sy heerlikheid en dat Hy verheerlik moet word en ek kan regtig se dat Hy die vrees in my gestil het en ek eer Hom daarvoor. Hulle het erge endometriose gekry wat nie met die vorige Laparoskopie opgetel is nie. Ek glo dat hierdie operasie nodig was en nou kan ek hoopvol vorentoe kyk.
Mag elkeen van julle ook hierdie ongelooflike vrede wat net van die Here kom, ervaar en WEET dat Hy by jou is en al is jy bang (vir wat ookal), DO IT AFRAID!
Hester het die volgende met my gedeel en ek wil dit met jou ook deel: ʼn Teks wat vir my afgelope tyd tot my gespreek en ander eienskap van Jesus wat aan my geopenbaar is, is Hebreërs 5 :7 en 8. Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smeking geoffer met harde geroep en met trane. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God. Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid was.
Mens vergeet soms dat al was Hy God, Hy ook 100% mens was en dat Hy as mens so Sy krag gekry het en gebid het voor sy kruisiging tydens sy aardse bestaan. Dit het my gemotiveer om dit ook te doen, eintlik is dit ʼn opdrag aan ons. Om soos Jesus te wees, is om al hoe meer vir Hom te leef en Hom ere plek in ons lewe te gee. 1 Kor 13 gee antwoord oor die grootste gebod, d.w.s. wat God se wil vir ons is. Liefde vir God drie-enig en vir ons naaste.
4 September 2007 - Dis met soveel gemengde emosies wat ek hierdie skryf.
Ek was ‘n paar dae laat, (nie dat dit die eerste keer is nie) en besluit om tot Sondag te wag voor ek ‘n tuistoets doen. Dit was pos (hoewel ‘n ligte strepie, maar pos.). Dit was ‘n onbeskryflike ervaring. Ek kan nie sê ek het op en af gespring of die dak af gegil of iets nie. Dit was ‘n onbegryplike kalmte en half verdwaasdheid. Ons het Maandag oggend bloed laat trek en kon eers tussen 2 en 3 bel vir uitslag. Nodeloos om te se, dit was die langste dag in my lewe. In my hart het ek geglo ek is swanger maar wou net so graag 100% sekerheid he. Die uitslag was pos. Ek eer die Here en gee aan Hom al die eer. Dis moeilik om op te hou huil en die trane vloei maar nog aanhoudend. En dis so ‘n seen almal wat saam ons bly is. Dis nog baie baie vroeg, seker so 5 wekies (was nog nie eers by dr) maar bid asb saam my vir ‘n gesonde swangerskap en dat als goed sal verloop.
Ek bid dat elkeen van julle wat nog wag, se geloof hierdeur versterk sal word, dat jy NOOIT moed sal opgee nie, en dat jy aan Hom sal vashou wat oor lewe en dood beskik…
13 September 2007 - Ek sou hierdie week (Di – Do) op ‘n werkskonferensie gaan en het sommer ‘n afspraak by my gynie (in Pta) gemaak vir ons eerste ondersoek, Maandag. Sy het bloedtoetse laat doen wat een of ander telling gee wat die groei van die baba aandui. Ons is Saterdag vroeg uit Hoedspruit weg Pta toe. 11:00 (Sat) is die bloed getrek en ons het Skoonmale verras want Stefan, my man het besluit om saam te gaan Pta toe. 14:00 bel my dr my en se sy is baie bekommerd oor die telling. My hart gaan staan... Jou hele klein wereldjie tuimel inmekaar. As jou dr bekommerd is en jou daaroor bel weet jy dit beteken groot fout. Jy begin bid. Jy spreek Woord. Jy pleit. Jy huil. Jy smeek. Jy hoop. Jy glo... Jy laat weet jou naaste mense om saam te bid en pleit. Dis ‘n geestelike stryd. Maandag oggend begin ek bloei en my kop sê vir my dis verby maar my hart hou nog vas. Ons sien die dokter 15:00 (wat ‘n lang dag!) en sy se dit was ‘n vroeë miskraam… Dit klink seker vreemd maar dit was amper ‘n verligting. Dit was seker een van die spannendste tye in my lewe en om te besef ek kan niks meer doen nie was amper soos ‘n verligting. Ek het geleer mens verstaan so min van die lewe en om vrae te vra help nie. Jy moet jou kop oplig en voortgaan en stadig maar seker keer die lewe weer terug in jou are, hou die trane geleidelik op en kan jy weer opstaan. Die stof afskud en van vooraf hoop. Ek het die wonderlikste man. Hoewel hy ook platgeslaan en seer was het hy my so wonderlik ondersteun. Ek wou met niemand praat nie, niemand sien nie, en hy het die familie laat weet en die oproepe hanteer. Ons het Di terug gekom en ek het nie ‘n voet by die deur uitgesit nie, my foon afgesit ens ens. En dit was goed. Nou kan ek weer die wêreld in die oë kyk. Ek sal dit nou kan hanteer as iemand my vra “nou hoe gaan dit met die swanger vroutjie?” of “ag, ek is so so jammer” ens ens. Ek het die smsse en oproepe geweldig waardeer! Dit het my gedra. Al verstaan ek nie, weet ek dat die Here weet wat Hy doen en dat Hy vir ons goeie goed beplan. Ek voel soos Dawid. Sy en Batseba se 1ste seuntjie is ook dood agv Dawid se sonde. Lees hoe hy gereageer het in 2 Sam. Ek voel al heelwat beter en dank die Here vir Stefan en dat ek nie in ’n geloofskrisis beland het nie. As jy nog nie ‘Facing the Giants’ gekyk het nie, doen dit dadelik. Dis wonderlik!
Ek sal die Here liefhe maak nie saak wat nie!!
6 November 2007 - Ek het in laasweek iets raakgelees wat ek graag met julle wil deel. Ons stap ‘n moeilike pad wat min mense verstaan en dit maak seer as mense jou vra “Nou wanneer begin julle met ‘n gesin?” “Wil julle dan nie kinders/nog ‘n kind he nie?” “So hoe gaan dit met die swangerskap?” (en jy het nou net ‘n miskraam gehad) of “Nou gaan jul weer probeer?” (as sy hoor jy het jou baba verloor), “Ontspan net, moenie daaraan dink nie”.
Ek verstaan die baie vrae en min antwoorde. En al seën die Here jou met kinders later, die vrae oor hoekom mens die pad moes stap, bly soms ‘n teer sakie.
Hebr 12: 2b, 3a “Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. Hou Hom voor oë....”
As ons ons oë op Hom gerig hou wat selfs meer leiding as ons moes verduur het, kan ons sterker aan die anderkant uitkom. En al verstaan ons nie, WEET ons dat ons WEET, Hy beplan goeie goed vir ons, Hy het ons lief, Hy weet wat Hy doen en ons moet ons oë op Hom alleen gerig hou. Die vreugde wat ons sal smaak, al is dit eers in die Hemel eendag, sal groter wees as wat ons menslike verstand nou kan begryp.
Ek weet mens voel met tye ‘EK IS NOU STERK GENOEG HERE, ek kan nie meer nie’, hou goeie moed. Hy verstaan jou trane en opstand en onthou jy stap nie alleen nie...
18 November - Ai ek dink ou Joyce Meyer gaan ‘n baie spesiale plek in die Hemel he, want as ek dink hoeveel sy my al geleer het....
Ek lees in haar November tydskrif die volgende:
The secret to freedom
The one thing that will set us free from absolutely everything is simple, childlike trust. Trusting God means that we stop trying to get answers to things that are never going to be answered.
We can spend so much time trying to figure out why things have happened that it can keep us from properly ministering to those who need our help. It seems like all the devil has to do is cause something unfair to happen in our lives to cause us to spend the rest of our life trying to figure out why, God, why? The deeper problem is sometimes we get ticked off. Its something that gets hold of us way down, deep inside and starts to create bitterness. You and I begin to get mad at God and at people who don’t have it as rough as we do or whose lives seem to have turned out better than ours. (ken ons dit nie almal nie?) It keeps us from going all the way with God. And then we end up missing out on having the joy that God really wants us to have in our lives. (mens mis eintlik so baie dan) There are times when the devil comes against us just because we are making progress in the Word or because we’re at a place in our lives where God is trying to bring us up to the next level. The devil doesn’t want us to make progress. There are two times when the devil comes against you, when you’re doing something right and when you’re doing something wrong. So I’ve learned not to try to figure out which one it is and just trust God, because you know what? I’m not going to spend my time struggling, frustrated and confused.
Have you ever asked God, “If You’re really God, when why is this happening to me? If You really love me like everyone tells meYou do, then why haven’t You delivered me from this situation when I know full well that you could? I’ve even seen you do it with other people, and yet you’re just letting me sit in this mess.” (sjoe!!, die spyker op sy kop) I believe that there’s no such thing as trust unless you have some unanswered questions in your life. If you know everything in your life, then there’s no reason to trust God. Don’t waste your time trying to figure things out that only God knows, because He’s not telling.
Trusting God will change your life. It will set you free from the things you don’t understand. If you want to go full force ahead with God, then you need to stop continually asking questions that only He can answer. Trusting God is the answer to every problem you and I have in our lives. If we trust God, we can be set free to enjoy His peace and joy. Mag die Here ons vrymaak van al die baie vrae en ons leer om net op Hom te vertrou!
Ek bid dat ons elkeen sal leer om vry te wees in Hom. Dis ‘n laaaang en moeilike pad om op hierdie punt te kom, maar ek vertrou dat die Here met ons elkeen die pad stap wat Hy weet die beste vir ons is. Moenie moedeloos word as jy nog nie so vertrou nie, die Here is geduldig en lief vir ons en help ons as ons val (al gebeur dit maar baie!).
“Gelukkig is sy wat glo dat in vervulling sal gaan wat die Here vir haar gesê het!” Luk 1:45.
Jy ken daai gevoel van ‘seker wees’ dat hierdie maand díe maand gaan wees. En dan die teleurstelling. Jy wil stukkend breek en kan net eenvoudig nie verstaan nie…
So gaan ons kerk toe nadat ek besef dis ‘sulke’tyd, en in die diens sing ons hierdie lied (ek dink die meeste van julle ken dit)
Lord you are more precious than silver
Lord you are more costly than gold
Lord you are more beautiful than diamonds
And nothing I desire compares with You…
En ek besef ek moet dit bedoel
Lord you are more precious than children
Lord you are more costly than children
Lord you are more beautiful than children
And NOTHING I desire compares with You…
Dit was so vrek moeilik maar ek kon die oorwinning smaak en tussen die trane deur kan ek weer by my Here se voete gaan sit. Dit maak nie die teleurstelling makliker, die vrae of die seer minder nie, maar ek weet dat die Here getrou is. Die Here moet ons nommer 1 bly en ek SAL Hom liefhê, maak nie saak wat nie. Ek bly eerder sonder ‘n kindjie as sonder HOM (dit klink dalk vir jou of dit vir my maklik is om dit te sê, maar ekt ‘n pad gestap om hier te kom). Ek lees die verhaal van Abraham en Sara weer. Abraham het vir God gekies toe hy moes kies tussen God en Isak, sy enigste. Ons lees dit so maklik maar besef ons waste groot offer dit vir hulle was? Here, wees ons genadig en gee ons die geloof om op U alleen te vertrou…
Mag hierdie jaar vir ons ‘n jaar van geloof wees! Dit gaan ‘n GREAT jaar wees want die Here het ons lief!
Moenie moed opgee nie! Die Here God van die heelal ken jou naam en Sy oë wat ook ons sondes raaksien, kyk na jou met liefde. Hy ken jou hart en hoor jou gebed!!
Mooi bly, Geliefde van die Here
30 Oktober 2008. Kan nie glo ek het so lanklaas iets geskryf nie...
Dit gaan nie altyd so goed nie en dit voel soms of die sand in my uurglas uitloop. Soms is ek in 'n gat en ek weet nie hoe om daaruit te kom nie. Daar was 'n klomp skommelinge in my lewe die laaste ruk maar ek weet die Here is my enigste anker. Eks midde nuwe behandeling en soms kry dit my onder maar ek weet die Here is by my. Ek moet dit glo, anders sal ek dit nie maak nie. Ek was op 'n wonderlike kamp (net betyds) en het net weer besef wie ek in Jesus is, dat Hy goed is maak nie saak wat nie. 'n Vrou het 'n waar ding gese: "Kinderloosheid is nie die duiwel se manier om kinders van jou te steel nie maar jou geloof". Dis so waar, ek bid dat die Here my geloof sal beskerm, dat ek nooit sal ophou glo in Sy goedheid nie...
Dis 2009!
‘n Nuwe jaar, ‘n nuwe blaadjie.
Gister is verby en ons kyk hoopvol vorentoe.
Mag dit ‘n jaar wees van verrassings, geduld, groei en hoop…
Verrassings. Mag jy elke dag ervaar hoe die Here jou liefhet en klein wonderwerkies op jou pad stuur om jou te herinner aan Sy goedheid. Dat ons oë sal oopwees vir die verrassings en wonderwerke wat om ons lê - dat ons dit sal waardeer. Mag ons onthou dat kinders nie die enigste seën uit Sy Hand is nie, maar mag dit die jaar van beantwoorde gebede wees.
Geduld. Here leer ons om geduldig te wees. Dit voel soms of die lewe by ons verbygaan en ons sit so vas in hierdie milieu van kinderloosheid dat ons soms vergeet om te leef. Leer ons om U te vertrou en intussen met ons lewens aan te gaan. Dis so moeilik en ons kan dit nie self doen nie. Help ons om geduld te hê met hulle wat nie sensitief is nie en simpel vrae vra of stellings maak, hulle wat nie verstaan nie. Help ons om geduld te hê met ons huweliksmaats en onsself. Met ons dokters en die prosesse wat ons moet volg. En Here, vergewe ons as ons so ongeduldig met U raak…
Groei. Mag 2009 ook ‘n jaar van groei wees. In verhoudings met ons mense, met die Here en met onsself. Mag ons ook groei in wysheid sodat ons sal weet wat U wil is, U stem sal leer ken. Om die regte besluite te neem en geestelik volwasse sal word.
Hoop. Ek lees in ‘n tydskrif die volgende: “Hoop is om te bly glo al sou dit makliker wees om te twyfel… -onbekend” Ek dink baie van ons sou dit ook kon sê. Here help ons om nooit moed te verloor nie. Help ons om balans te kry en ‘n bietjie te verstaan wat die verskil tussen moed opgee en oorgee aan u beteken. Here, U alleen is ons hoop, ek sal U liefhe maak nie saak wat gebeur nie!
Mag 2009 ‘n FANTASTIESE jaar wees vir elkeen van ons!!
In Vrouekeur, 8 Mei 2009: Nelia se storie oor kinderloosheid
Genade vir my kinderlose hart
Al wat sy wil hê is ‘n kind van haar eie. Iemand wat sy kan koester en liefhê soos net ‘n ouer kan koester en liefhê. Maar op 34 jaar het Nelia van der Westhuyzen reeds ‘n lang ent op die pad van infertiliteit gestap met onder andere twee kunsmatige insiminasies en ‘n invitro-bevrugting. En steeds bly ‘n baba haar ontwyk.
Deur Terésa Coetzee
Die dag voor gister was my hele wese nog gevul met hoop ...
Die hoop om eendag ook my eie klein babatjie in die holte van my arm te vertroetel en te koester. Daardie hunkering was so na aan vervulling – ‘n week tevore het ek ‘n invitro bevrugting gehad en ons was só seker dat dit hierdie keer suksesvol sou wees. Ons en ons hele ondersteuningstelsel het dan so hard hiervoor gebid. Gesmeek. Gesoebat. En geglo.
Maar die negatiewe uitslag van die swangerskapstoets gister het my hart vir die soveelste keer hierdie afgelope sewe jaar in skerwe gebreek. My droom om ‘n baba van my eie te hê, is vir die soveelste keer verpletter.
En tog weet ek dat al voel my wind nou uitgeslaan, ek weer krag sal kry om op te staan. Net soos die vorige kere, sal my wonde dié keer ook genees. En oor ‘n maand of wat sal ek weer hoopvol probeer vir die kind waarna my hart so hunker. Nes ek al die maande tevore ook hoopvol probeer het. Die slegste is dat dit nie net my en my man raak nie maar almal wat vir ons lief en dierbaar is en die pad saam ons stap...
My en Stefan se storie begin in 2000 toe ons getroud is. Ons wou nie dadelik wegspring met ‘n gesin nie, maar teen 2002 het die idee om ons gesin uit te brei, al hoe aanlokliker en natuurliker vir ons begin klink. Ek was nooit op die Pil nie, my siklus was gereeld en ek het heimlik gedink ek sal maklik swanger raak. Maar ná twee jaar waarin daar geen teken van ‘n swangerskap was nie, het ons met behandeling begin.
Ek het in 2004 my eerste kunsmatige insiminasie gehad. En in 2005 die volgende een. Albei onsuksesvol. Intussen het ek twee laparoskopies gehad en my ginekoloog het bevind dat ek endometriose het, nie te erg nie maar tog. Dit is verwyder en ek is huis toe met die idee dat ‘n swangerskap werklik net ‘n kwessie van tyd is ...
Ons vriende het een na die ander hul gesinne begin uitbrei. En elke keer het ek en Stefan saam gejubel met die geboorte van ‘n nuwe mensie in ons kring. Tog kon ek nie help om al meer te wonder wanneer dit dan nou óns beurt gaan wees nie?
Dit het soos ‘n roetine begin word. Elke maand het ek afwagtend in my hart gehoop dat ek swanger is. Soms het my hele wese gebokspring by die blote gedagte dat ek dalk dié keer swanger kan wees – net om gekniehalter te word deur my maandstonde wat skielik ‘n dag of wat later aanbreek.
Daar was ‘n stadium wat ek werklik diep selfondersoek begin doen het. Hoekom wil ek dan so graag ‘n kind hê? Is dit bloot my eie selfsugtige drang om voort te plant wat my wese so oorheers? Of is dit omdat ek werklik genoeg liefde in my hart het om sin en waarde aan ‘n klein mensie se bestaan toe te voeg?
Ek wil steeds glo die antwoord lê daarin dat ek weet ek is in staat daartoe om ‘n klein kindjie toe te vou met liefde. Ek wil my eie kind koester, ek wil ‘n ma wees – iemand wat versorg en troetel en leer en liefhet. Dit voel vir my ek mis iets deur nie die liefde te ervaar wat ‘n ma vir ‘n kind ervaar nie. Daardie ondeurgrondelike liefde wat soveel groter is as net ons natuurlike drang om voort te plant. Ek wil so graag vir my man dit gee waarna sy hart ook hunker...
Ná my laparoskopie het ek wel swanger geraak in 2007. O, die opwinding wat regdeur ons vriende- en familiekring soos klokke geklingel het!
Die oomblik toe my tuistoets wys ek is swanger, was dit ‘n onbeskryflike ervaring. Ek wou bly wees, maar terselfdertyd was ek bang om te vinnig opgewonde te raak.
Op 13 September 2007 sê my ginekoloog my bloedtelling is te laag. My hele wêreld het op slag inmekaar getuimel. Ek het gebid. Ek het die Woord gespreek. Ek het gepleit. Ek het gehuil. En later het ek moeg en alleen gesmeek.
Ek en Stefan het saam gebid. En alleen gebid. Later het almal wat ons ken saam met ons gebid. Maar my dokter het bevestig dit was ‘n vroeë miskraam. Terwyl ek die een oomblik nog met hoop gevul was, moes ek die volgende oomblik net die leegheid in my eie lyf voel.
Soveel keer het ek al agterna gewonder wat doen ek verkeerd dat God nie vir my ‘n kind wil gee nie. Maar elke keer besef ek opnuut dat Sy genade vir my so ontsaglik groot is. Hierdie hele kinderlose stryd het my net soveel nader aan die Here gebring.
Ek het intussen geleer ‘n mens verstaan so min van die lewe en daar is nie altyd antwoorde op ons vrae nie.. Jy moet jou kop oplig en aangaan. Soms voel jy so bitter alleen, selfs Godverlaat, jy’s soms so desperaat, soms kwaad, soms net niks... Ons geloof is nie op gevoel gebaseer nie maar omdat ons emosies het, kan ons soms net ons pyn sien, en verloor ons God uit die oog.
Ek het bowenal die afgelope klompie jaar met soveel ander wonderlike mense in aanraking gekom wat dieselfde stryd as ons, dalk net op ‘n ander manier, baklei. Daar is skokkend baie mense daar buite wat om een of ander rede nie kan swanger raak nie. Vir wie ‘n baba eenvoudig net bly ontwyk.
Ek het gelukkig die wonderlikste man. Hy was nog elke keer net so platgeslaan en seer, en tog het hy hom sterk gehou om my te ondersteun.
Dis vir my moeilik om nie soms ‘n bietjie teleurgesteld in my eie vroulike liggaam te voel nie. Volgens my dokter is daar absoluut níks wat behoort te verhoed dat ek swanger raak nie. Op die oog af lyk alles heeltemal normaal. Dít maak dit amper nog meer frustrerend, want as alles dan so “normaal” is, moet ek tog swanger kan raak!
En tog raak ek nie swanger nie.
Hierdie invitro het ons baie geld ( tussen R15 000 en R20 000) uit die sak gejaag, maar as dit suksesvol was, was dit ‘n piepklein bedraggie in vergelyking met die vreugde wat ‘n baba ons sou bring. En ja, dis baie vroeg om te sê, maar ons sal waarskynlik wéér later probeer. Ek het nog lank nie alle hoop verloor nie.
Ek weet ek moet my oë op Hom gerig hou, om sterker aan die anderkant uit te kom. Soms voel ek net ek is nou sterk genoeg Here... Ek verstaan steeds nie altyd waarom God hierdie pad vir my gekies het nie, maar ek weet Hy beplan goeie goed vir my. Hy het my lief, Hy weet wat hy doen.
Nelia het ‘n boek saamgestel, ‘Genade vir Kinderlose Harte’ waarin nege vroue openhartig skryf oor hul emosionele stryd met kinderloosheid. Daar is ook ‘n hoofstuk vanuit die mans se oogpunt en ‘n hoofstuk deur ‘n ginekoloog. Dit bring ‘n boodskap van hoop en genesing en gee begrip vir díe wat dalk nie self die pad stap nie maar ‘n geliefde het wat in dieselfde bootjie sit. Die boek kan bestel word by 082 416 0022 / jadidja@telkomsa.net.
Nelia, 'n jaar gelede is my beste vriendin se man oorlede aan Lymphoma kanker op net 38. Sy was devestated met 2 tiener dogters en 'n seuntjie van net 3. My ma het toe net vir haar gese om Psalm 112 te lees. Ek myself het dit ook baie behulpsaam gevind. Mens verstaan nie altyd hoekem sulke dinge gebeur nie maar ek bid vir jou van nou af, en jy altyd in my gedagtes. I-M
dankie Ilse-Mari. Dis net uit die Woord waar ons troos kan kry...
Post a Comment